Kommer oor plasing van leerders in skole

Nes in Namibië, het Suid-Afrika ook groot uitdagings met die plasing van leerders in veral stedelike gebiede. Die DA in Gauteng sê die provinsiale onderwysdepartement het sy sperdatum om leerders te plaas misgeloop en dit veroorsaak groot onsekerheid by ouers. Daar is 31 549 graad 1- en 8-leerders wat betyds vir 2023 aansoek gedoen het, wat nog nie by skole geplaas is nie. Die DA-woordvoerder, Khume Ramulifho, sê hierdie vertraging het ‘n negatiewe uitwerking op ouers en voogde wat moet begroot vir kinders se skoolklere, skryfbehoeftes en vervoer: