Kommer oor Nampol se hardhandigheid

Voortgesette brutaliteit deur die Namibiese polisie word wyd deur aktiviste veroordeel. Dit hou ‘n ernstige bedreiging vir demokrasie, menseregte en die oppergesag van die reg in ons land inhou. Daar is 579 sake teen die Nampol by die Kantoor van die Ombudsman aangemeld. Volgens aktiviste is dit ‘n aanduiding van ‘n veel groter probleem in die polisie, waar die oormatige gebruik van geweld die norm, eerder as die uitsondering is. Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê aan Kosmos 94.1 Nuus Nampol moet menseregte respekteer terwyl hulle wet en orde toepas.