Kommer oor malaria en komende reënseisoen… veral met Delta-variant

Na verwagting gaan Namibië deur die vierde Covid-vlaag later vanjaar getref word. Met die reënseisoen wat omstreeks November gaan begin, kan ‘n styging in malaria-gevalle verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Richard Kamwi, ‘n voormalige gesondheidsminister en die stigter van die Eliminate Malaria-veldtog, gevra hoeveel aandag word midde die Covid-pandemie aan die bekamping van malaria gegee.