Kommer oor Long March 5B ruimte-rommel wat in Amerika sal neerstort

Daar is toenemende kommer oor die moontlikheid dat rommel van ‘n Chinese ruimtevuurpyl die naweek bewoonde gebiede van Amerika kan tref. Dit kan gebeur weens die vuurpyl se onbeheerde her-indringing van die Aarde se atmosfeer. Daar word berig die Long March 5B-aanvuurder sal waarskynlik verkrummel en veroorsaak dat stukke metaal die grond teen ‘n hoë spoed tref. Die presiese posisie kan nie bepaal word voor ‘n paar uur voor dit tref nie. Die Chinese staatsmedia sê egter die land het ‘n skoon veiligheidsrekord.