Kommer oor klimaatsverandering

Die Wêreldklimaatsorganisasie sê in ‘n verslag weerrampe tref die aarde vier tot vyf keer meer en rig sewe keer meer skade aan as in die 1970s. Die rampe lei egter tot minder sterftes as in die verlede. In die 1970s en 1980s het daar wêreldwyd gemiddeld 170 mense per dag gesterf. In die dekade ná 2010, het dit tot 40 per dag gedaal. Die verslag is bekend gemaak terwyl daar wereldwyd verskeie rampe voorkom met Amerika wat deur die kragtige orkaan Ida getref is asook weghol-veldbrande wat deur droogtes veroorsaak word.