Kommer oor inisiasie-seisoen in SA, 23 reeds dood

Kommer het ontstaan nadat die getal geïnisieerdes wat in die Desember-inisiasieseisoen in Suid-Afrika gesterf het, byna verdubbel het van twaalf tot 23. Die owerhede sê hulle wag vir die uitslae van nadoodse ondersoeke om die oorsaak van die skerp styging te bepaal. Volgens berigte sê die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Mamkeli Ngam, as toesighoudende spanne nie in die provinsie ontplooi was nie, sou die situasie nog ernstiger gewees het.