Kommer oor impak van taxi-staking op Kaapse skole

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, het sy ernstige kommer uitgespreek oor die uitwerking van die taxi-staking op skole met die skielike aankondiging wat onderwysers en leerders moontlik in ‘n benarde posisie plaas. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad het besluit om alle taxibedrywighede in die provinsie onmiddellik op te skort tot Woensdag. Maynier sê die onderwysdepartement wil ‘n veilige en ononderbroke leeromgewing vir onderwysers en leerders verseker tydens die staking.