Kommer oor eiendomskaping in Gautengse voorstede

Daar is onlangse kommer uitgespreek oor die toename in die kaping van privaat eiendom in Gautengse voorstede. Na wat berig word teiken misdaadbendes eiendomme wat aan welgestelde individue behoort. ʼn Misdaadkenner, Kyle Condon, sê sommige huiskaping-sindikate verhuur hierdie eiendomme wederregtelik. Hy sê wetlike skuiwergate maak die situasie benard. Volgens Condon beskerm die wet op plakkerregte misdaadbendes.