Kommer oor dienslewering by Kaapse hawe

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, is bekommerd oor die huidige stand van dienslewering by die Kaapstadse hawe en die potensiële negatiewe uitwerking op die uitvoer van landbou-produkte. Hy wys daarop die provinsie is verantwoordelik vir 50 persent van Suid-Afrika se landbou-uitvoere en die hawe is dus ‘n uiters belangrike speek in die ekonomiese wiel. Meyer sê die tekort aan toerusting en oorbodige toerusting wys op die hawe-owerheid se onvermoë om die Kaapstadse terminaal doeltreffend te bestuur.