Kommer oor die Covid-pandemie is besig om internasionaal af te neem

Kommer oor die Covid-pandemie is wêreldwyd besig om af te neem. Die opname-organisasie Ipsos het met ‘n onlangse meningspeiling bevind Maleisië, Japan en Suid-Korea is die lande wie se inwoners die meeste bekommerd is, terwyl Swede, Hongarye, Turkye en België die minste bekommerd is. Ipsos sê kommer oor die virus wissel van land tot land saam met ander bekommernisse soos armoede, geweld en werkloosheid. Die liggaam sê ‘n algehele afname in bekommernis is bevind in tien uit die 28 lande waar die opname gedoen is.