Kommer oor boggelrugdolfyne

Die wetenskap alleen sal nie boggelrugdolfyne in Suid-Afrika se kusgebied red nie. ‘n Vennootskap en formele netwerk van wetenskaplike en natuurbewaarders van 11 verskillende instellings, die SouSA-konsortium, sê daar is minder as 500 Indiese Oseaan-boggelrugdolfyne in Suid-Afrikaanse oseane oor. Die konsortium spits hom toe op die bewaringstand van boggelrugdolfyne wat langs die suid- en ooskus van Valsbaai in die Wes-Kaap tot by Kosibaai in KwaZulu-Natal gevind word. Hulle kon nie een spesifieke rede vir die vinnige afname in getalle vind nie . Dit word eerder aan die gesamentlike uitwerking van verskillende faktore toegeskryf.