Kommer oor beskikbaarheid van speelgoed oor Kerstyd

Die vraag na speelgoed begin volgens internasionale nuusagentskappe skerp te styg en vervaardigers regoor die wêreld het groot kommer oor onderbrekings in vervoer en logistieke. Kerstyd is baie belangrik vir talle speelgoed-vervaardigers en die meeste van die verkope wat jaarliks meer as 33 miljard Amerikaanse dollar beloop, vind oor die feesseisoen plaas. Daar was reeds tekorte aan voorraad die jaar regoor die wêreld aangeteken met skryfbehoeftes en selfs Halloween-kostuums wat eenvoudig net nie op rakke verskyn het nie. Maatskappye soos Lego, Mattel wat Barbie vervaardig, en Sony beraam nou planne wat die huur van vragvliegtuie, nuwe vervoer-roetes en selfs dat kettingwinkels hulle eie vervoer koördineer, insluit.