Kommer oor Belgiese Grand Prix met die reën
Formule Een-renjaers dring aan by die Internasionale Motorsportfederasie om die Belgiese Grand Prix af te stel as toestande te gevaarlik word. Reën word vir vandag en môre voorspel. Die renjaer Dilano van’t Hoff is vier weke gelede in ‘n ongeluk by die Europese Formule streekkampioenskap op die Belgiese renbaan dood. Mercedes se renjaer George Russell sê die Spa-renbaan is een van die gevaarlikstes en met reën word dit nog meer van ‘n uitdaging. Carlos Sainz van Ferrari sê veiligheid moet ‘n top prioriteit wees wanneer besluit word of wedrenne moet voortgaan of nie.