Kombers-veldtog teen koue in hoofstad

Namibië kan yskoue en winderige weer vir die winterseisoen verwag, volgens die Namibiese weerkantoor. Daarom sal die AB-stigting hul jaarlikse winterkombers-veldtog vir behoeftiges van stapel stuur. Dit sal op verskillende plekke in Windhoek plaasvind en straatkinders sal deel wees van die groep wat skenkings kry. Die stigting is op soek na skenkings van komberse en warm klere. Kosmos 94.1 Nuus het met medestigter Abraham Angula gesels…