Kom, Swakop is gereed!

Die kus wemel reeds van vakansiegangers. Bedrywighede het verlede naweek begin met die Desert Dash, en Nedbank is steeds daar met hulle kosfees. Die FNB Triathlon gaan ook op die môre afskop. Kosmos 94.1 se Kus Kap’it Uit-span is tans besig om al die bedrywighede en vakansiepret vas te vang. Die span het met die verkose burgemeester Blasius Goraseb gepraat wat die dorp se gereedheid vir besoekers uiteensit.