Kolisi oor vandag se wedstryd teen die All Blacks

Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sê die span verstaan ondersteuners se
ongelukkigheid oor die drie agtereenvolgende nederlae in Australië. Suid-Afrika speel
vandag weer teen Nieu-Seeland in die laaste kampioenskapstoets in die Goudkus
nadat hulle twee keer teen die Wallabies en een keer teen die All Blacks verloor het.
Kolisi het tydens ‘n mediakonferensie gesê hy is self ontsteld wanneer sy sportspanne
nie wen nie. Hy voel die ondersteuners reageer so omdat hulle omgee, en sê die Bokke
self, hulle familie en vriende is ook ontsteld.