Koeberg se lewensduur word verleng – N$20 miljard later

Die Amerikaanse raadgewende onderneming Jacobs is aangestel om ingenieurswysigings aan te bring as deel van ‘n program van 20 miljard Namibiese dollar om die lewensduur van die Koeberg-kernkragstasie in die Wes-Kaap te verleng. Die projek is ter voorbereiding vir die aanbring van ses stoomopwekkers wat vervang word. Die vise-president van Jacobs Energiesekerheid en Tegnologie, Karen Wiemelt, sê die projek is noodsaaklik om die deurslaggewende rol van kernkrag in Suid-Afrika se energiemengsel te behou. Sy sê dit is die grootste enkele kontrak vir hul kernspan in Suid-Afrika.