Kobe Bryant se sluitkas opgeveil vir N$53 miljoen
Die ontslape basketbalsuperster Kobe Bryant se persoonlike sluitkas uit die Staples-sentrum is opgeveil vir 53 miljoen Namibiese dollar, wat dit die waardevolste sportsluitkas maak wat nog ooit verkoop is. Sotheby’s het die transaksie bevestig en sê dit is in 2018 tydens opknapwerk deur ‘n onderhoudswerker gered. Brahm Wachter van Sotheby’s beskryf die sluitkas as ‘n betekenisvolle oorblyfsel van Bryant se nalatenskap. Dit was die derde duurste veiling van Kobe Bryant-gedenkwaardighede. Die opbrengs word geskenk aan die Los Angeles Lakers-jeugstigting.