Klopper sê oor Iran-plan en olieprys

Die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper het gereageer op die vordering in samesprekings om die 2015 Iran-kernooreenkoms te laat herleef. Sou die ooreenkom onderteken word sal dit toelaat dat Iran se olie weer in die mark toegelaat sal word. Klopper sê terwyl dit nog ‘n tyd sal neem vir die ooreenkoms om geïmplementeer te word, sal die prys van olie daal, ook as gevolg van verminderde spekulasie.