Klipwerf kom tree op vir Droogtehulp

Die gewilde Klipwerf Orkes sal ‘n optrede by die Windhoek Afrikaanse Privaatskool op 5 Augustus ten bate van Namibië Boere Droogtehulp hou. Toegang is 180 Namibiese dollar per persoon en ‘n lekker ete daarby sal jou 150 dollar kos. Trek solank jou dansskoene aan vir die konsert wat om sewe-uur die aand begin. Henriette le Grange van Namibië Boere Droogtehulp sê die fondse word nie net vir droogtehulp aangewend nie, maar help talle boere op verskeie vlakke soos onder meer met die sprinkaanplaag en veldbrande.