Kliniese toetse in Suid-Afrika op ‘n mondelinge Covid-19-enstof

‘n Israelse maatskappy het toestemming gekry om kliniese toetse op ‘n mondelinge koronavirus-entstof in Suid-Afrika te doen. Oramed Pharmaceuticals het aangekondig hy het klaring gekry van die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid op Gesondheidsprodukte om pasiënte te gebruik in fase 1 van sy proefneming met sy Oravax-pil. Oramed se uitvoerende hoof, Nadav Kidron, het aan The Times of Israel gesê versterkers word toenemend aanbeveel en sy pil kan ‘n doeltreffende manier verskaf om inentings op datum te hou. Die Suid-Afrikaanse proefneming gaan na verwagting samelopend gedoen word met een in Tel Aviv wat binnekort begin.