Klimaatsverandering, migrasie en ontwikkelingsplanne…

Sonder onmiddellike optrede om klimaatsverandering te beveg, kan meer as 200 miljoen mense gedwing word om teen 2050 binne hulle eie lande te migreer. ‘n Onlangse verslag van die Wêreldbank sê migrasie-brandpunte as gevolg van klimaatsverandering kan so gou as 2030 na vore kom, met die wêreld se armste gebiede wat die ergste daaronder sal ly. Die verslag sê ‘n geraamde 86 miljoen mense in Afrika suid van die Sahara kan intern migreer. Die Wêreldbank sê die bevindinge moet ‘n wekroep vir regerings wees om vrystellings as gevolg van die kweekhuiseffek te verminder omdat grootskaalse migrasies enige ontwikkelingsvooruitgang in die wiele sal ry.