Klimaatnood is inherent onregverdig

Afrikalande bestee tot 5 persent van hul jaarlikse ekonomiese uitset om hulself teen die impak van klimaatsverandering te beskerm, al stel hulle die minste kweekhuisgasse ter wêreld uit. Dit is volgens ‘n verslag deur die Nairobi-gebaseerde dinkskrum Power Shift Africa. Die bedreiging dwing nasies om bronne wat hulle nie het nie te gebruik. Ethiopië is die swaarste getref en het tot 5,6 persent van sy BBP bestee om klimaatverwante rampe af te weer terwyl Suid-Soedan, wat geteister word deur swaar reën en kitsvloede wat meer as 850 000 mense raak, op koers is om elke jaar tot 3,1 persent van sy BBP te bestee. In Wes-Afrika sal Sierra Leone intussen soveel as 90 miljoen Amerikaanse dollar per jaar – 2,3 persent van sy ekonomiese uitset – aan klimaatsaanpassing bestee, al genereer sy burgers gemiddeld 80 keer minder koolstof as inwoners van die VSA. Die outeurs sê die verslag toon die onregverdigheid van die klimaatnood.