Klimaat: ons hier moet dit ook ernstig opneem

Die sewende verslag oor Suid-Afrika se Nasionale Kweekhuisgas-opgawe toon dat vrystellings tussen 2000 en 2017 met 10,4 persent gestyg het. Suid-Afrika sal die verslag by die konvensie inhandig as deel van sy verbintenis om daaroor verslag te doen. Dit geld vir bronne van kweekhuisgasvrystellings weens menslike bedrywighede sowel as nie-regstreekse kweekhuisgas. Dr. Cornelis van der Waal, ‘n bewaringslandboukenner en ekoloog sê dis tyd om in ons deel van die wêreld die kwessie te begin ernstig opneem.