Klimaat en Namibië – ons moet bekommerd wees

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy kommer uitgespreek oor internasionale planne om koolstof te beperk, wat hy meen hopeloos te min is om gevaarlike klimaatsverandering te keer. Die wêreld raak warmer en daar is reeds talle waarskuwings wat plaaslik uitgereik is oor die moontlike impak op Namibië. Dr. Chris Brown van die Kamer van die Omgewing sê die toenemende hitte sal twee baie belangrike impakte hê.