Klere- en mode-sektor dra steeds goed by tot Kaapstad se ekonomie

Die Stad Kaapstad sê die klere- en mode-ontwerp-sektor dra steeds baie by tot die Moederstad se ekonomie en moet in jong entrepreneurs belê om volhoubaar te bly. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê organisasies soos die Kaapse Klere- en Tekstiel-groep en die Kaapstadse Mode-raad bevorder die klere- en tekstielbedryf baie goed.