Kleinskaal-visserye sukkel in SA

Die groter kommersiële vissektor in die Oos- en Wes-Kaap kon die druk en die skokke van verlede jaar se Covid-19-inperkings beter hanteer danksy groter toegang tot finansiering. Dieselfde kan egter nie van kleinskaal-visserye gesê word nie. Dit is volgens ‘n nuwe verslag deur die Wêreldwye Fonds vir die Natuur. ‘n Woordvoerder van die fonds, Monica Betts Stassen, sê kleinskaalvisserye sukkel om aan te pas by die skielike veranderings en beperkings in bedrwyighede wat deur die inperkings veroorsaak is: