Klein Gratis Bibilioteek ook in Suid-Afrika

‘n Suid-Afrikaanse nie-winsgewende organisasie belas met opvoeding in die Karoo-dorp De Rust, Youth Potential South Africa, het seker gemaak die omgewing sluit aan by ‘n internasionale lees-beweging. Woordvoerder Piet Smit sê ‘n gratis gemeenskaps-boekruiling by die winkel Mengelmoeskardoes sal in die toekoms boeke beskikbaar stel. Dit is ‘n voorbeeld van ‘n Klein Gratis Biblioteek wat bestaan uit ‘n oop boekrak by ‘n sentrale plek in die dorp. Dit is slegs die derde Klein Gratis Biblioteek in die dorp, en wêreldwyd is daar reeds meer as 100 000 van die bibliotekies.