Klagte teruggetrek teen Alec Baldwin
Aanklaers in Nieu-Mexiko het strafregtelike aanklagte teen die akteur Alec Baldwin laat vaar na die noodlottige skietvoorval waarin die kinematograaf, Halyna Hutchins, op die stel van die Western-fliek, Rust, dood is. Die 65-jarige akteur is aangekla van twee gevalle van onwillekeurige manslag. Die voorval het gebeur toe ‘n skerppunt-koeël uit ‘n rekwisiet-vuurwapen wat Baldwin gebruik het, in 2021 tot Hutchins se dood gelei en die regisseur Joel Souza gewond het. Aanklaers sê die besluit volg nadat nuwe bewyse aan die lig gekom het wat ondersoek moet word. Hulle voeg by hy kan weer aangekla word.