Klagte teen Ace is polities van aard

Daar heers ‘n swaar polisieteenwoordigheid by die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein voor Ace Magashule se verskyning vandag. Die geskorsde sekretaris-generaal van die ANC en sy 15 mede-beskuldigdes is terug in die hof vir voor-verhoorverrigtinge waartydens die amptelike datum van die saak aangekondig sal word. Die beskuldigdes staar aanklagte in die gesig wat verband hou met tenderbedrog van meer as 255 miljoen Suid-Afrikaanse rand. ‘n Ondersteuner van Magashule en geskorsde ANC-lid Carl Niehaus sê die aanklagte is polities gemotiveerd: