Klag teen Helen Zille gelê

‘n Voorsittende beampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ‘n klag gelê teen die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, na ‘n stryery by ‘n stemlokaal in die Oos-Kaap. Die woordvoerder van die polisie, Vish Naidoo, het bevestig hulle ondersoek ‘n klag dat daar nie gehou is by toelaatbare instruksies en die verbod op politieke aktiwiteite binne die grense van ‘n stemlokaal nie. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Opod, ondersoek ondertussen ‘n klag van aanranding teen die beampte wat Zille uit die Nelson Mandelabaai-stemlokaal verwyder het.