Kindersorg-fasiliteite moet volhoubaarheid najaag

Die waarnemende ombudsman John Walters het aanbeveel dat kindersorg-fasiliteite regoor die land inkomste-genererende projekte instel om volhoubaarheid te bereik. Volgens Walters het ‘n landswye besoek getoon dat talle fasiliteite donateurs verloor het as gevolg van Covid-19. Hy sê die fasiliteite se kwesbaarheid is deur die pandemie blootgelê. Voedseltekorte by van die fasiliteite is ook waargeneem en in baie gevalle het bestuurders en oppassers hulle eie fondse benut om kos op die tafel te sit. Die regering se toelaag van 473 Namibiese dollar per kind wat in die afgelope 20 jaar onveranderd is, moet ook aangepas word.