‘Kinders sal in Namibië ingeënt word, indien nodig’

Volgens berigte van die Verenigde Koninkryk het kinders ‘n hoër risiko om die Covid-virus te kry en kinders wat byna 18 jaar oud is, word nou hul eerste enstofdosis aangebied. Namibië het ook sedert die skole weer geopen het, talle positiewe gevalle onder leerders gehad. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Namibiese gesondheidsministerie gevra of hy oorweeg om dieselfde benadering as in die Verenigde Koninkryk te volg. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, het gesê hulle het ‘n span professionele adviseurs, en die opsie sal oorweeg word indien dit nodig is.

https://iframe.iono.fm/e/1091442