Kinders moet meer lees

Namibiese skole sal vanaf 20 tot 24 September die nasionale Readathon-week herdenk. Die week word gebruik om leerders te inspireer om meer te lees en die tema vanjaar is ‘Prevent the Impacts of Covid-19 in the Education Landscape’. Dylan Mukoroli, hoof woordvoerder van die Namibiese studente-organisasie Nanso sê lees is baie belangrik vir kinders.