Kinders gaan breed glimlag

Altesaam 19 kinders gaan vandeesweek gesigchirurgie by die Tygerberg Akademiese Hospitaal in Kaapstad ondergaan. Die hoofbestuurder van die Smile Foundation, Kim Robertson-Smith sê die pasiënte wissel tussen drie maande tot 11 jaar oud.