Kimberley, Durban Curriebeker-kragmetings afgestel

Twee Curriebeker-wedstryde wat die naweek gespeel sou word, is afgestel. SA Rugby sê Vrydag se kragmeting tussen die Haaie en die Pumas in Durban is gekanselleer weens die onrus in KwaZulu-Natal. Saru het slegs verwys na buitengewone omstandighede as die rede waarom Saterdag se wedstryd tussen die Griekwas en die Bulle in Kimberley ook nie gaan plaasvind nie. Al die spanne kry vier ligapunte. Saterdag se wedstryd tussen die Leeus en die Cheetahs in Johannesburg gaan egter voort.