Kiëv se geboue brand, vegvliegtuie afgeskiet

Media in die Oekraïne berig twee geboue waarin mense woon in die Oekraïnse hoofstad is aan die brand nadat ‘n ongeïdentifiseerde vliegtuig onderskep is. Dit volg na berigte dat ‘n Russiese vliegtuig vroeg vanoggend in die Darnytskyi-distrik van Kiëf afgeskiet is terwyl Rusland sy inval op Oekraïne verskerp. Volgens die media is die Oekraïnse grenspos in die Zaporizhzhya-streek deur ‘n missiel getref en van die land se gewapende magte en grenswagte is in die voorval dood en gewond.