Kiesersregistrasie-naweek het vandag op meer as 23-duisend persele regoor Suid-Afrika begin

Die kiesersregistrasie-naweek het vandag op meer as 23-duisend persele regoor Suid-Afrika begin. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van die buurland sê dat dit net minder as 50-duisend mense gewerf en opgelei het om te verseker dat die twee-dae proses so vlot as moontlik verloop. Vir die eerste keer sal die OVK nuwe toerusting gebruik om die onmiddellike en akkurate vaslegging van data op die Suid-Afrikaanse kieserslys te verseker.