Kiesafdeling met 25 000 het een kliniek

Die landelike kiesafdeling van Rundu het 25 000 inwoners maar, daar is net een kliniek om die gemeenskap te bedien. Die raadslid vir die kiesafdeling, Paulus Mbangu sê die inwoners moet ver reis om mediese behandeling te ontvang en ook, dat die kliniek gereeld geen voorraad het nie wat mense noodsaak om medisyne by apteke aan te koop. Armoede kom algemeen in die gebied voor. Hy voeg by dat daar ook nie ‘n noemenswaardige begroting is nie. Die Kavango Oos-streek het geen begroting ontvang om rolstoele aan te koop nie terwyl Oskahati se hospitaal 300 000 dollar hiervoor toegeken is met Katutura en die Sentraal Hospitaal wat saam amper 2 miljoen dollar hiervoor toegeken is.