/Khowese ook teen volksmoord-plan gekamp

Die hoof van die /Khowese, kaptein Hendrik Ismael Witbooi het ook die volksmoord ooreenkoms verwerp. Volgens Witbooi, verteenwoordig dit nie die aspirasies van die geraakte gemeenskappe nie. Volgens hom stel die Namibiese regering nie belang in die betrokkenheid van die geraakte gemeenskappe nie en hy bevraagteken President Hage Geingob se verbintenis tot inklusiwiteit. Die kaptein sluit aan by talle tradisionele leiers en opposielede wat teen die 18 miljard Namibiese dollar ooreenkoms gekant is. Die debat duur voort in die Nasionale Vergadering.