Khomas tel leerders om plek te maak

Die Namibiese onderwysministerie is besig om leerders in die Khomas-streek te tel om te bepaal hoeveel nog plek benodig. Volgens Paulus Lewin, die streek se adjunkdirekteur vir onderwys behoort hulle teen môre ‘n beter aanduiding te hê. Dit is onwettig om die verhouding tussen onderwyser en leerders te oorskry maar hy voeg by dat hulle poog om almal by te staan. Daar is veral uitdagings met graad 1 en 8. Volgens die betrokke wetgewing maar daar net 35 leerders per onderwyser in laerskool wees, en 30 per onderwyser vir hoërskole. Op die oomblik, is die departement genoodsaak om die verhouding te oorskry met tot 50 leerders per klas in die laerskool en 42 in hoërskole. Die streek het meer laerskole as hoërskole so meer graad 7’s soek plek in graad 8 wat nie beskikbaar is nie.