Khomas, Erongo lei in herinfeksies

Volgens die jongste Covid-verslag, het die Khomas- en Erongo-streke die hoogste getalle van herinfeksies wat op ‘n totaal van 142 staan. Nuwe infeksies, op 1 334, bring die positiewe koers op 25,1 persent te staan met gevalle in 12 streke. Daar is 65 leerders, 12 onderwysers, 15 studente en 27 gesondheidswerkers onder die groep. Sewentig pasiënte het herstel met aktiewe gevalle tans op 9 437. Daar is 198 pasiënte in die hospitaal met 16 in hoësorg, waarvan almal oningeënt is. Net meer as 22 persent van die geteikende bevolking, of 335 289 persone, is ten volle ingeënt.