Khoi-gemeenskap dagvaar Amazon

‘n Kaapstadse groep vir maatskaplike geregtigheid, Liesbeek Action Campaign, gaan vandag ‘n gesamentlike betoging teen ‘n ontwikkeling in Observatory hou. Dit vind plaas in aanloop tot die Observation Civic Association en die Goringhaicona Khoi Khoin-tradisionele inheemse raad se regstappe om te verhoed dat die tegnologiereus Amazon sy bouwerk in die gebied voortsit. Die saak sal op 24 en 25 November aangehoor word. ‘n Woordvoerder vir die raad, Tauriq Jenkins, sê stootskrapers het reeds begin om die waardevolle tradisionele ongewing te vernietig: