Kganyago beste sentrale bank-president in Afrika

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, word beskou as vanjaar se beste sentrale bank-president in Afrika. Die Central Banker Report Cards, wat jaarliks uitgegee word deur Global Finance, beoordeel die sentrale bank-presidente van 101 sleutellande en gebiede. Dit sluit in die Europese Unie, die Oostelike Karibiese Reserwebank, die Bank van Sentrale Afrika-state en die Reserwebank van Wes-Afrika-state. Die reserwebank-president van Mauritius, Harvesh Kumar Seegolam is tweede geplaas in Afrika, en dié van Marokko, Abdellatif Jouahri, derde.