Kernwetenskap kan klimaatsverandering versag 

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê kernwetenskap en -tegnologie kan ‘n aansienlike bydrae lewer om die uitwerking van klimaatsverandering te versag, te monitor en aan te pas. Dit sê die Atoms-4-Climate-produksie wat die eerste keer op ‘n COP-beraad aangebied is, illustreer hoe kernwetenskap en -tegnologie skoon energie kan verskaf om waterbronne te beskerm en slimmer landbou te ontwikkel. Die direkteur-generaal, Rafael Mariano Grossi, sê kernkrag bring ook oplossings om kweekhuisgas-vrystellings teen te werk.