Kerkleiers vra vir nakoming van maatreëls, dienste gaan voort

Kerkleiers regoor die land het ‘n beroep op gemeentelede gedoen om Covid-maatreëls noukeurig na te kom om te verseker dat kerkdienste en byeenkomste nie super-verspreider geleenthede word nie. Daar is talle plaaslike pastore en dominees wat meen dat mense veral nou, tydens die feestyd, kerke en die gepaardgaande berading nodig het en dus, hou hulle vol met dienste, wat baie goed bygewoon word. Daar is ook geen verpligte inenting in die land nie so kerke kan, en wil, dit nie afdwing nie maar van die leiers het ‘n beroep op gemeentelede gedoen om hulle teen Covid in te ent om sterftes te vermy. Plaaslik, is Covid-syfers redelik hoog maar die positiewe koers styg nie daagliks nie en het onlangs ‘n hoogtepunt van net minder as 42 persent behaal met ‘n daling na 27 persent ‘n dag later. Gevalle in die hospitaal is volgens die jongste syfers net minder as 330 waarvan 27 in hoësorg is. Die jongste data vanuit Suid-Afrika toon nie net dat gevalle daal nie maar ook dat Omikron minder gevaarlik is, al is die variant meer aansteeklik.