Kerkgroep help behoeftiges in tye van nood

‘n Groep barmhartige Samaritane in die Babilon-informele nederseting in Windhoek reik ‘n helpende hand uit aan diegene in nood, veral tydens die Covid-pandemie. Die groep van die Every Nation Victory Church het ‘n versorgingsprogram, asook ‘n voedingskema, dagsorgsentrum en hulle gee Bybelstudie aan bejaardes. Eunice Luceu, ‘n lid van die kerk en leier van die program, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle ontvang geen toelae van die regering nie.