Kerke begin weer stadig na normaal terugkeer

Kerke in Namibië is besig om weer effe na normaal terug te keer as met die vorige maande vergelyk word toe fisiese kerkbyeenkomste verbied was. Volgens Ludwig Beukes, sekretaris-generaal van die Raad van Kerke van Namibië, is hulle verheug dat die meeste kerk-aktiwiteite weer hervat kon word. Beukes het ‘n beroep op Christene gedoen om weer by die kerk betrokke te raak soos hy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.