Kentucky: alle vermistes opgespoor

Al die mense wat as vermis aangegee is nadat tornado’s Kentucky verlede naweek geteister het, is opgespoor. Die goewerneur, Andy Beshear, sê hy hoop nie daar word nog mense gevind wat in die storm gesterf het nie. Hy beskryf die tornado’s as die ergste in die staat se geskiedenis en voeg by die 78 mense wat gesterf het, is ‘n reuse-getal inwoners om te verloor.