Kenner sê SA ramptoestand moenie te vinnig opgehef word

Met oproepe wat steeds uit verskeie oorde stroom dat die Suid-Afrikaanse regering die nasionale ramptoestand moet ophef, is daar sommige kenners wat meen dat die besluit nie te vinnig geneem moet word nie. Baie van die land se wetenskaplikes en burgerregte-groepe sê die maatreëls wat bedoel is om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, is nie meer nodig nie. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad, vertel meer.